

Cordelia Fairlie
Spraak-Taalterapeut en Oudioloog
- 011 954 0856
- 072 414 9348
- cordelia.fairlie@gmail.com
Ek is gebore in Krugersdorp en het hier groot geword. Ek is met die liefde van my lewe getroud en ons het ‘n pragtige seun. Ons is ‘n baie hegte familie en is gaande daaroor om tyd saam met mekaar te spandeer.
Ek het gematrikuleer aan die Hoërskool Monument, vanwaar ek ‘n beroep wou betree waar ek my passie om mense te kan help kan uitleef.
Ek het my B. Kommunikasiepatologie (spraak-taalterapie en oudiologie) graad in 2004 aan die Universiteit van Pretoria met Cum Laude verwerf en het akademiese ere-kleure vanaf die Universiteit van Pretoria ontvang.
Nadat ek my graad verwerf het, is ek by die Departement van Gesondheid: Wesrand distrik geplaas om my verpligte gemeenskapsdiensjaar te voltooi. Gedurende die jaar het ek gefokus op die voorkoming van en die vroeë identifisering van kommunikasie en gehoorafwykings deur toepaslike bewusmaking veldtogte en opleiding. In 2005 implementeer ek ‘n vroeë kommunikasie intervensie sentrum by Dr Yusuf Dadoo hospitaal wat fokus op die vroeë identifisering van babas en kinders wat ‘n risiko toon vir die ontwikkeling van ‘n spraak- en taalagterstand.
Sedert 2005 is ek werksaam in die privaat praktyk sektor, waar ek fokus op die verskaffing van spraak-, taal en oudiologie dienste.
Ek het in 2008 my Meestersgraad in vroeë kommunikasie intervensie voltooi aan die Universiteit van Pretoria.
Dit is my passie om met kinders te werk wat presenteer met artikulasie afwykings, taal- en taalleerafwykings, ouditiewe prosesseringsafwykings, hakkel en normale onvlothede en taalontwikkelingsagterstande. Ek het ‘n geweldige sagte plek vir my pasiënte met ‘n gehoorverlies, of ‘n kommunikasieafwyking a.g.v. ‘n neurologiese toestand soos byvoorbeeld ‘n beroerte.
In 2011 het ek deel geword van die “Child Well Span” by die Familie Mediese Sentrum. En in die jaar ook aangesluit by die inklusiewe multidissiplinêre terapie span by Laerskool Kenmare.
In 2015 het ek die behoefte gesien vir ‘n multidissiplinêre terapie sentrum en in September 2015 is my droom as die FAMILIE TERAPIE EN GEHOORSENTRUM gebore.
Ek neem my werk en ons praktyk baie ernstig op. Elke liewe kind en pasiënt wat ons sentrum besoek, word gesien as ‘n uniek skepping wat besig is om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.
Tans verskaf ek spraak-, taal en gehoordienste op ‘n weeklikse basis by o.a. Panorama Aftree oord, Curro Kids, Curro Krugersdorp, Laerskool Krugersdorp Noord, Norienes kleuterskool, Laerskool Protearif, Laerskool Kenmare, Jubileum, Kenmare Knikkies, Proties kleuterskool, Little Genius, Steppin Stonez, Top Top Teddies, St Ursula’s and Gateway school.
Ek glo dat elke dag ‘n geskenk is en dat ‘n mens moet lewe asof daar nie ‘n môre is nie. My nommer 1 leuse … “choose encouragement over criticism, grace over judgement and faith over fear!”