Oudiologie/Gehoor Dienste

‘n Gehoorverlies kan ‘n ernstige negatiewe impak beoefen op ‘n individu se werksukses, skolastiese vordering, veiligheid en sosiale welstand.

Individue met ‘n gehoorverlies is geneig om hulself vanuit sosiale groepe en interaksies te onttrek en toon ‘n risiko vir die ontwikkeling van depressie.

Kinders met geringe tot gemiddelde gehoorverlies is soms ongediagnoseerd, en vertoon ernstige uitvalle in hul akademiese vaardighede. Hulle ervaar dit moeilik om komplekse opdragte te volg en te voltooi, toon uitvalle in hul lees- en spellingsvaardighede. Die leerders ervaar dit by tye ook moeilik om sosiaal ouderdomstoepaslik te verkeer.

Daar is tans meer as 360 miljoen individue in die wêreld wat met ‘n gehoorverlies leef. Die graad en konfigurasie van ‘n gehoorverlies wissel van individu tot individu.

Die Familie Terapie en Gehoorsentrum het die oplossing, spesifiek vir u gehoor- en gehoorbehoeftes!

Is dit nie tyd dat u u of u geliefdes se gehoor laat evalueer nie?

Die volgende vraelys sal dit vir u makliker maak om te bepaal of u sal baatvind by ons gehoor. Indien u “JA” antwoord op een of meer van die volgende vra, beveel ons aan dat u ons gehoorsentrum skakel vir ‘n volledige gehoorevaluasie:

  • Vra u gereeld dat mense hulself moet herhaal?
  • Ervaar u dit moeilik om die gesprek in ‘n groep te volg?
  • Voel u soms dat ander mompel of onduidelik praat?
  • Ervaar u dit moeilik om te verstaan wat iemand sê in die teenwoordigheid van agtergrondsgeraas?
  • Is dit vir u moeilik om veral kinders en dames met ‘n hoë stemtoon te volg?
  • Kla ander dat u die volume van die televisie of radio te hard stel?
  • Ervaar u ‘n gesuis in u oor/ore?
  • Ervaar u dit moeiliker om mense te verstaan wanneer u hulle nie kan sien nie?
  • Vind u dat u ekstra hard moet konsentreer om te hoor wanneer u oor die telefoon met iemand praat?
  • Is u aan die einde van die dag uitgeput, maar al wat u gedoen het was om te praat en te luister?
  • Vind u dat u dit vermy om na sosiale geleenthede te gaan?
  • Het u ouers of ander nabye familie lede ‘n gehoorverlies?
  • Werk of het u in ‘n geraas omgewing gewerk waar u vir lang periodes aan geraas blootgestel word?
  • Het u of neem u tans medikasie wat skade aan die gehoor veroorsaak?
  • Is u gediagnoseer met ‘n hart/ sirkulasie probleem, diabetes of probleme met u skildklier?
  • Is u al vantevore verras deur ‘n polisie voertuig of ambulans wat langs u verby ry sonder dat u hom gehoor het?
  • Vind u dat u nie meer so gereeld na familie en/of vriende uitgenooi word nie?
  • Vind u dat mense om u reageer of klanke wat u nie gehoor het nie?

‘n Oudioloog is ‘n professionele opgeleide gesonheidsdienswerker met ‘n vier jaar plus graad  wat in staat is om enige gehoor- en/of balans afwykings te identifiseer, te diagnoseer, te behandel en te monitor.  ‘n Oudioloog is in staat om gehoorapparate aan te beveel, te pas en die pasiënt en sy/haar familie te help om by die gehoorverlies en gehoorapparate aan te pas.

Die take wat ‘n oudioloog sal doen behels o.a:

  • Die uitvoer van ‘n gehoorevaluasie op babas, kinders en volwassenes.
  • Ontwikkel ‘n rehabilitasie program vir die pasiënt.
  • Verskaf advies rakende die seleksie van ‘n toepaslike gehoorapparaat in terme van die voordele en die tegnologie wat die apparaat bied.
  • Die passing, herstel, verstelling  en instandhouding van ‘n pasiënt se gehoorapparaat.

Ons praktyk bied drie gratis opvolg sessies met elke gehoorapparaat passing, ten einde te verseker dat ons pasiënte hul gehoorapparate optimaal kan benut.