
Spraak-Taalterapie Dienste
Ons SPRAAK-TAALTERAPEUT hanteer spraak-, taal-, kommunikasie en sluk probleme in kinders en volwassenes. Die spraak-taalterapeut werk nou saam met die ouers en/of familielede/versorgers en ander professionele spanlede ten einde die beste moontlike vordering vir elke pasiënt te bewerkstellig.
Wanneer moet ek na ʼn spraak-taalterapeut/Oudioloog verwys?
Alle kommunikasie- en gehoor afwykings het die potensiaal om die kind van sy/haar sosiale en opvoedkundige omgewing te isoleer en hul akademiese vermoëns negatief te beïnvloed. Dit is dus noodsaaklik om toepaslike en vroegtydige intervensie te verskaf.

Die tipiese spraak-taal en gehoorprobleme wat deur 'n
Spraak taalterapeut/Oudioloog behandel word, behels:
Artikulasie- en Fonologiese ontwikkelings afwykings:
- Probleme of die onvermoë om sekere klanke in isolasie en/of in woorde te kan produseer.
- Lispel van die /s/ of die brei van die /r/.
- Klank omruilings en – weglatings bv. kat – tat.
Taalafwykings:
- Gebrekkige reseptiewe- en ekspressiewe taalvaardighede.
- Reseptief – hoe ʼn individu taal verstaan.
- Ekspressief – hoe ʼn individu taal gebruik om te kommunikeer.
Taalleerafwykings:
- Probleme met spelling.
- Probleme met lees.
- Sinskonstruksies is nie ouderdomstoepaslik nie.
Hakkel:
- Probleme met die vlotheid van spraak.
- Herhalings van klanke, woorde, frases.
- Invoegings van klanke.
Gehoorverlies:
- Vra gereeld vir herhalings.
- Probleme met die bewustheid van klanke.
- Gereelde oorontsteking.
- Reageer onkonstant op klank.
Stemafwykings:
- Nasale spraak.
- Hees stem.
- Te hoë/ te lae toonhoogte.
- Stem misbruik en – wangebruik.
Sentrale ouditiewe prosesserings afwykings:
- Probleme met die interpretasie van dit wat gehoor word, maar het normale gehoor.
- Vra voortdurend vir herhalings in die klas.
- Ouditiewe analise, -sintese, – geheue en opeenvolging is afwykend.
Neurologiese afwykings:
- Word deur ʼn neuroloog gediagnoseer bv. Outisme, serebrale gestremdheid of enige ander tipe breinbesering.
Vroeë kommunikasie Intervensie:
- Vroeë taalstimulasie vir babas en kleuters 0 tot 4 jaar.
- Hulp aan daardie nuwe ouers om effektiewe stimulasie aan hulle baba te verskaf.
- Daar moet vir u rooi ligte wees, indien u kleinding teen 2jaar nog nie woordjies gebruik om te kommunikeer nie.
Hoe werk die proses?
- Kontak die praktyk om ‘n eerste afspraak te skeduleer.
- Na die 60 minute evaluasie en terugvoer sessie word die terapieplan bespreek.
- Kinders word individueel by die praktyk of by die skool (waar moontlik) gesien vir hul weeklikse terapie sessies.
- Volwasse pasiënte word by die praktyk gesien vir terapie, tensy dit ‘n hospitaal verwysing is.
- Terapie sessie beloop 30 minute.
- Interaktiewe benadering word gevolg d.m.v. kontak met die ouers/familie sowel as onderwysers by kinders en werkgewers by volwassenes.