

Melindie Meyer
Spraak-Taalterapeut
- 079 511 9608
- toinette.lab@gmail.com
Ek het tussen die berge in Magaliesburg grootgeword, skoolgegaan en gematrikuleer. Daarna, BA Spraak- Taal Patologie gestudeer by die Universiteit Van Pretoria. Na my finale jaar, begin die reis van my gemeenskapsdiens jaar en ek begin by 1 Militêre Hospitaal te werk en na ure troue te beplan, want April 2022 trou ek en my man!
Ons verhuis 2023 na Noordheuwel en die volgende avontuur begin, waar ek begin werk by die praktyk waar my passie vir Spraakterapie begin het! Ek het spesiale belangstellings in Vroeë Kinderontwikkeling, Taal- en Taalleer afwykings asook Disleksie en literatuur! Ek het ʼn spesiale plekkie in my hart vir individue met fisiese en leergestremdheid en globale ontwikkellingsafwykings!!
In my vrye tyd geniet ek dit om saam met my geliefdes tyd te spandeer en is mal oor foto’s neem, vetplantjies versamel en ek maak ook graag klei oorbelle! Ek is mal oor die bosveld en natuur, want daar kan ek spesiale tyd met my Skepper spandeer!
Ek glo dat Spraakterapie baie meer is as wat in die literatuur staan. Spraakterapie is verhoudings, vertroue en ‘n veilige hawe!! Ek word gedryf deur die liefde om mense te help! My fokus in terapie is om kwaliteit van lewe te verbeter terwyl ek bewysgebasseerde diens lewer!
Elke persoon het ‘n unieke pad om te stap en ek is hier om elke oorwinning te vier!!